Tue, Nov 19, 11:31 PM CST

Vir Ma

Memorial Macro posted on Nov 24, 2008
Open full image in new tab Zoom on image
Close

Hover over top left image to zoom.
Click anywhere to exit.


Members remain the original copyright holder in all their materials here at Renderosity. Use of any of their material inconsistent with the terms and conditions set forth is prohibited and is considered an infringement of the copyrights of the respective holders unless specially stated otherwise.

Description


Liefste Moeks, Ek sit hier voor my skerm en tik en my hart is ongelooflik seer. Jy was maar 58 en ek en jy het nie genoeg tyd saam gehad nie. Tyd om God se skepping in stilte te waardeer. Tyd om saam te gaan voëltjies kyk. Tyd om in Dikhololo rond te ry en sommer net die stilte van die natuur in te neem en dankbaar te wees vir mekaar se nabyheid. Tyd om sommer net mekaar se hande vas te hou en te weet ons is lief vir mekaar. Mamma, jy was ‘n voorbeeld vir my en ek weet vir baie ander ook. Jy was die beste Moeksie waarvoor enigiemand kon vra! Jy het my menswees gevorm vandat ek my verstand het. Jy het my geleer dat bo alles, ek God moet liefhê met my hele hart, my hele siel en my hele verstand en my naaste soos myself. Jy het my geleer van musiek en kuns en ballet. Jy het my geleer hoe om stil te word in God se natuur en te luister na sy stem tussen die boomtakke wanneer die windjie roer. Jy het my geleer hoe om kamp en die natuur en God deel te maak van my siel. Maar bo dit alles, het jy my geleer hoe om lief te hê. Jy het baie gely Mamma en ek is so verlig dat jou lyding verby is. Ek het 12 jaar saam met jou gely en noudat dit verby is, weet ek nie hoe om terug te keer na ‘n normale lewe nie. Jou seer was my seer en jou lyding en jou siekte het ek saam met jou gedra. Dankie Moeks, dat jy MY Moeksie was. Jy was my beste maat, my vertroueling, my voorbeeld. Jy het my siel met my gedeel en my liefde vir die natuur saam met my geniet. Ek gaan jou mis, Mamma en ek weet daar gaan nog baie dae wees wat ek nie gaan weet hoe om asem te haal sonder jou nie. Maar ek weet jy’s by Ons Vader, waar jy hoort en ek weet jy’t nie meer seer nie. Gaan rus maar Mamma. Ek is lief vir jou… Vlooi

Comments (12)


)

llacey

12:06AM | Tue, 25 November 2008

Lovely very lovely

)

kgb224

12:38AM | Tue, 25 November 2008

Ek het trane in my oe Zeldie.Baie mooi foto en gedagtes wat jy opgedra het aan jou ma.Dit is nogal hartseer wanner mens groot is en jou ouers nie meer daar is om dinge ook saam met jou te geniet nie.Dit is net wonderlik wat GOD geskape het.Die mooi natuur en al die mooi wat hy vir ons gegee het.

)

lyron

12:42AM | Tue, 25 November 2008

Excellent work!!

)

sharky_

12:56AM | Tue, 25 November 2008

Excellent. Aloha

thevolunteer

1:03AM | Tue, 25 November 2008

Beautiful. Aloha

)

EagleWind

2:18AM | Tue, 25 November 2008

It is a Wonderful dedication Zel Ek het trane in My oe. Zeldie, never forget your mother was also extremely lucky to have you in Her life, Your bond was deep, and I am sure Mom will be missed for all time to come

)

Kassie

4:17AM | Tue, 25 November 2008

Beautiful! From what I understand from EagleWinds comment.. I am sorry to hear of your loss.. I understand and my thoughts are with you. Remember wat you see through the lens is what she sees ~alice

)

BlackWidow77

8:17AM | Tue, 25 November 2008

Simple and so beautiful. 5+

)

Merrylee

12:06PM | Sat, 29 November 2008

So So beautiful and I'm am so sorry about your loss...I'm thinking of you...I wish I knew how to translate what you wrote...Hugs

)

Mousson

7:22AM | Wed, 10 December 2008

exquisite creation !

)

jgmart

6:06AM | Wed, 24 December 2008

Simple beauty!

)

mairekas

4:15PM | Sat, 09 May 2009

Perfect work!!!


2 58 0

02
Days
:
00
Hrs
:
28
Mins
:
52
Secs
Premier Release Product
Convention Centre for DAZ
3D Models
Top-Selling Vendor Sale Item
$22.00 USD 50% Off
$11.00 USD

Privacy Notice

This site uses cookies to deliver the best experience. Our own cookies make user accounts and other features possible. Third-party cookies are used to display relevant ads and to analyze how Renderosity is used. By using our site, you acknowledge that you have read and understood our Terms of Service, including our Cookie Policy and our Privacy Policy.